Carpe Diem Drama | Wie is Ons?
15342
page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-15342,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode-theme-ver-9.1,wpb-js-composer js-comp-ver-4.11.1,vc_responsive

Wie is Ons?

‘Jy moet `n beginner wees voordat jy enige iets anders kan wees. Ons maak van beginners wenners! By Carpe Diem Drama Skool is elke individu `n wenner wat weet dat vandag die begin is van more se sukses. “A journey of a thousand miles begin with the first step”. So sê ons eie Anserie Badenhorst wat Carpe Diem 25 jaar terug op haar eie begin het met `n bonafide passie vir ongerepte talent. Vir haar is Carpe Diem die veilige hawe waar elke unieke talent die omgewing het om uit die boksie te klim, groter te dink en te wees! Carpe Diem gives you wings!

Talent is die kwas waarmee `n meesterstuk geskep word en kreatiwiteit is die kleure wat die spasies in vul. Ons is mal daaroor om te sien hoe ons leerders groei en ontwikkel tot kunstenaars van formaat. Die verhoog is ons kunsgallery en die lewe die huis waarin ons hang. By Carpe Diem streef ons daarna om van elke kunswerk, `n meersterstuk te maak.

JY IS DIE EEN!’

 Ons fokus punte:

  • Kunswedstryd
  • Redenaars
  • Komunikasie vaardighede
  • Verbetering van konsentrasie vermoë
  • ‘Boost’ jou self vertroue
  • Dink op jou voete – improvisasie
  • Ontwikkel `n goeie selfbeeld
  • Memoriserings vaardighede
  • Ontwikkel kreatiwiteit in `n omgewing waar dit gepaard gaan met speel en interaksie
  • Slyp persoonlikhede
  • Flinkdink vir `n toekoms wat blink
  • Prettige plesier leer hul perform hier

Met 27 jaar se ondervinding is Carpe Diem die hawe waar jou kind sy volle potensiaal SAL ontwikkel!

Skakel ons gerus vir meer inligting.

Wie nie waag nie, wen nie. By Carpe Diem waag ons nie net nie, ons DOEN, sodat elke kind nie net kan wen nie, maar kan triomfeer.  Want almal het talent wat die potensiaal het om te vlieg! Kom skilder gerus aan jou meesterstuk, by Carpe Diem – JY IS DIE EEN!

Meet the Team

Anserie Badenhorst

Eienaar en Afrigter

Wilma Troskie

Afrigter en Springs Dramaskool Bestuurder

(Ananje Dramaskool – 30 jaar oud)